Welkom
by die Gegrond x GSDP
fondsinsamelings projek!
Welkom by die Gegrond X GSDP Fondsinsamelings Projek!
Gegrond is ‘n Koffie Roostery wat deur twee oud leerlinge van Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) bedryf word.
Spesialiteits koffie word gerooster en verwante produkte word ontwikkel. Ons is opgewonde om ons nuwe fondsinsamelingsprojek vir GSDP aan te kondig.
Met hierdie projek kan lede van die GSDP-gemeenskap ons heerlike enkel-oorsprong koffies en ander produkte bestel, terwyl ‘n groot gedeelte van die fondse direk na die skool teruggaan. Dit is ‘n wonderlike manier om jou gunsteling koffie te geniet en terselfdertyd die skool te ondersteun.
Nadat ons in 2021 die landswye Roostery kompetisie “A Shot in the Dark” gewen het, kan ons werklik die koffie wat u bestel, van harte aanbeveel.
Alle aankope sal op die eerste Vrydag van elke maand by die skool afgehaal kan word. Ons sien uit daarna om u van die beste gehalte koffie te voorsien, en terselfdertyd in die GSDP gemeenskap terug te ploeg. Bestel vandag en ondersteun ons gemeenskap!
Hoe dit werk:
– Bestel produkte op die GSDP blad alleenlik, nie deur ons hoof webblad www.gegrond.co.za nie.
– Betaal aanlyn direk per kaart / EFT.
– Kies die Courier opsie indien u die produkte wil laat aflewer (Dit sal dadelik gestuur word – landwyd beskikbaar)
– Kies die “Collection” opsie indien u die produkte op die eerste Vrydag van elke maand by GSDP se kantoor in Dickensonlaan wil afhaal.
– Aan die einde van elke maand sal die skool ‘n bedrag ontvang na aanleiding van die maand se verkope.